MAAGD VAN DIE SEE REEKS - PRONK BOEKE
Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer. Op 'n baie eienaardige en verassende manier kry hy 'n skip in die hande en dan begin sy plan in alle erns om te gaan soek na sy vrou, wat so wreed en onverwags van hom ontneem is. Daarna begin hy in alle erns seerowers opspoor.
In sy wedervaringe op see kry Simon Verbeeck en sy manne met verassings, verraad, skurkagtigheid en inhaligheid te doen, maar ook met dapperheid en lojaliteit. Al die verhale in die reeks is vol kanongebulder, swaardgekletter en van seemanskap op sy beste, tydens die seerowers era. Die stories wat geskryf is deur een van SA se top oorlede skrywers is so na die smaak van almal wat nog jonk van hart is en sal beslis nie teleurstel nie.
1. Die Maagd van die see - Meiring Fouche (1960) 2. Skat onder die palms - Meiring Fouche (1961)
3. Robyn uit die paradys - Meiring Fouche (1961) 4. Boodskap uit die blou - Meiring Fouche (1961)
5. Die pêrel van Malsia - Meiring Fouche (1961) 6. Die tier van Siam - Meiring Fouche (1962)
7. Die mal seerower - Meiring Fouche (1962) 8. Seerowers vel die vonnis - Meiring Fouche (1962)
9. Die geheim van die sluiskerk - Meiring Fouche (1963)